X

Goeie Junie verkope in Alexander Swart gebied ten spyte van die inperking!

Rowan Alexander, Direkteur van Alexander Swart Eiendomme, sê daar is nou  klinklare bewyse dat agente wat gewoonlik goed vaar, besig is om hul ritme te herwin en verliese in te haal wat hul gedurende die Corona-virusinperking gelei het.

Gedurende Junie, het Alexander self 13 eiendomme ter waarde van R24miljoen verkoop. Die publiek het gou besef dat die wonings, geprys tussen R1, 5m en R2, 1m, baie goeie waarde gebied het. Geen oordragskoste op eiendom in nuwe ontwikkelings, het die kontantuitgawes met R50 000 verminder en die wonings selfs meer bekostigbaar gemaak.  Vir die middle-inkomstegroep maak die 7,25% rentekoers eiendom baie meer bekostigbaar. Baie aansoekers, met goeie kredietrekords kry huidiglik lenings teen 1% onder die amptelike koers wat huiskoop nog meer aanloklik maak.

Aan die begin van 2020 sou 'n aansoeker vir 'n R2miljoen verband, teen 'n rentekoers van 10%, waarskynlik R19,300 per maand betaal. Tans sal dit R15,800 beloop - 'n besparing van R3,500 per maand. Om vir so 'n verband te kwalifiseer sou die aansoeker (en moontlik sy vrou) 'n inkomste van R58,000 per maand moes verdien. Huidiglik sal dit R47,000 wees en indien die lening oor 'n 30 jaar periode aangegaan word (wat moontlik is onder die toegeeflike bankvoorwaardes) sal die maandelikse paaiement verminder na R13,500 en die inkomste tot R41,000 per maand. Hierdie faktore maak eiendom meer toeganklik vir die laer middelprysklaskoper.

Die ses topverkoper agente by Alexander Swart het ook goeie verkope in Junie behaal: Ruben Adams, Stefan Engelke, Jason Blight, Marie Grant, Wian Ingram en Garth Hewitt het bo verwagting goed gevaar wat gelei het tot  80% toename in verkope sedert April en Mei.

Kan eiendomverkope volgens inperkingsregulasies geskied? Alexander se antwoord hierop is 'n besliste JA.

Alle partye moet maskers dra en effektief saniteer, asook in aparte motors ry om die eiendom te besigtig. Die verkoper se gesin moet distansieër en  soveel moontlik voorlopige- en latere administratiewe take moet aanlyn voltooi word.

Junie se goeie verkope, in die Noordelike Voorstede van Kaapstad, illustreer die aanvraag na eiendom in veral die prysklas onder R1.5miljoen. Op die eerste dag wat AS 'n woning teen R1.249miljoen bemark het is 10 aanbiedinge ontvang. Dit sou heel waarskynlik drievoudig vermeder het as die huis nie teen die hoogste aanbod verkoop en van die mark onttrek is nie.  

In die duurder suidelike- en westelike voorstede het pryse gedaal maar as gevolg van die aanvraag in die noordelike voorstede het pryse bestendig gebly.

Die afgelope paar maande se ondervinding bevestig AS se opinie meer as ooit tevore, dat daar min, meer stabiele en betroubare buurte in Suid-Afrika, as die noordelike voorstede van Kaapstad is. Hierdie area bied steeds goeie waarde en is die beste geskik vir eiendomsbelegging.

Vir meer inligting kontak Rowan Alexander by 082 581 3116 or epos; rowan@asproperty.co.za


24 Jul 2020
Author Rowan Alexander
18 of 264